In die bloute (‘n Seeboek) – Johann Lodewyk Marais

CHF 18.80

Die bundel van Johann Lodewyk Marais, In die bloute, bou voort aan die steeds groeiende oeuvre van Marais se natuursentriese bundels en verse. Reeds met die titel van die bundel, met die klem op die onverwagte voorsetsel in, word die leser ingetrek in die seeboek (soos die subtitel die bundel beskryf).

In see gaan
Al kom ek meer bedroë uit,
wil ek ʼn bundel verse skryf
met seesand tussen die blaaie,
die diepgang van die sloepe ken
en saans na The Beach Boys luister.
Ja, al weet ek hoe die wind waai
en dat die digter in sy vers
nie aan ‘n skulp kan stem gee nie.

Publikasie datum: 2012 (Eerste uitgawe, eerste druk)

Only 1 left in stock

SKU: 9780987039712 Category: Tag:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “In die bloute (‘n Seeboek) – Johann Lodewyk Marais”