Stormlantern – Johann Lodewyk Marais met Christili Muller

CHF 16.00

Suid-Afrika deel sy langste grens met Botswana en albei lande het Engels en Setswana as amptelike tale. Albei lande deel ook ‘n koloniale verlede, maar verskil wel in politiese vreedsaamheid. Danksy sy stewige ekonomie, eiesoortige kultuur en minder korrupsie is die land gewild by toeriste, veral Suid-Afrikaners, wat deur die uitsonderlike natuurskoon en wildernisgebiede gelok word. In Stormlantern skryf Johann oor ‘n besoek saam met twee medereisigers aan Botswana. Hulle ervarings tydens die reis in hierdie unieke land word ingekleur met beskrywings van die landskap, die fauna en flora en selfs boeiende ontmoetings en gesprekke met mense.
Sowel Johann Lodewyk Marais as Christili Muller se waardering vir die land spreek duidelik en dra by tot ‘n inspirerende leeservaring.

Publikasie datum: 2024 (Eerste uitgawe, eerste druk)

Only 1 left in stock

SKU: 9781037019661 Category:

Description

Die skrywer neem die leser op ‘n reis vanaf die Tuli-blok langs die Limpoporivier en van daar noordwaarts via Francistown, Nata, Pandamatenga en Kasane na Chobe, terwyl die Makgadikgadipanne, Serowe en die Khama Rhino Sanctuary op die heenreis aandag geniet. Tesame met ‘n kaart, foto’s en Christili Muller se eie reiservarings en tekeninge ontdek die leser verskeie fasette van die land.
Eie waarnemings en ervarings word in die boek verryk met inligting oor die geskiedenis, natuurlewe en wat die voornemende reisiger in die land te wagte kan wees. Verwysings na bekende figure soos dr. David Livingstone, sir Seretse Khama, Bessie Head, sir Alexander McCall Smith en Veronica Roodt se bydrae en werk gee verdere substansie aan die boek. Dit bied die leser die geleentheid om diƩ besonderse land beter te leer ken.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Stormlantern – Johann Lodewyk Marais met Christili Muller”