Description
Die skrywer neem die leser op ‘n reis vanaf die Tuli-blok langs die Limpoporivier en van daar noordwaarts via Francistown, Nata, Pandamatenga en Kasane na Chobe, terwyl die Makgadikgadipanne, Serowe en die Khama Rhino Sanctuary op die heenreis aandag geniet. Tesame met ‘n kaart, foto’s en Christili Muller se eie reiservarings en tekeninge ontdek die leser verskeie fasette van die land.
Eie waarnemings en ervarings word in die boek verryk met inligting oor die geskiedenis, natuurlewe en wat die voornemende reisiger in die land te wagte kan wees. Verwysings na bekende figure soos dr. David Livingstone, sir Seretse Khama, Bessie Head, sir Alexander McCall Smith en Veronica Roodt se bydrae en werk gee verdere substansie aan die boek. Dit bied die leser die geleentheid om diƩ besonderse land beter te leer ken.
Reviews
There are no reviews yet.