You must be logged in to post a review.
Nomade – Johann Lodewyk Marais
CHF 21.00
In sy negende bundel Nomade ontdek Johann die landskap van Afrika. Dit lees soos ‘n reisjoernaal van ‘n nomad wat deur Afrika reis. En waarnemings beskryf in sy reisjoernaal. Hy besoek plekke soos Nairobi, Kaïro, Timboektoe, en ontmoet mense by wie hy leer van hulle kultuur.
Heilige skrif
Die vrou wat onder die tamarinde
die Koran sit en lees, keer my vierspoor
wanneer ek buk en met my wysvinger
aan die mooi karakters voor haar wil raak.
Sy gru en hou haar hande beskermend
oor die letters wat vir haar heilig is.
“Elke ayat is wonders en tekens
en het net so uit die hemel gekom,”
sê sy en prewel Mohammed se gebod.
Deur die boomtakke en -blare teken
die son die arabeskpatrone na.
Publikasie datum: 2014 (Eerste uitgawe, eerste druk)
Only 1 left in stock
Reviews
There are no reviews yet.