You must be logged in to post a review.
Rietspruit – Johann Lodewyk Marais
CHF 21.50
Nuut op die rakke is Rietspruit (2025), Johann Lodewyk Marais se 15de digbundel.
In Rietspruit herroep Afrikaans se voorste eko-digter sy jeugervarings, familieverhoudings, sosiale interaksies en die doen en late van die landelike plaasgemeenskap waar hy grootgeword het.
Met woordsketse van die landskap wat hy goed ken en verstaan, beeld hy hierdie herinneringe uit.
Klaarfontein
Die draai van die Wilgerivier
glimmer in die glans van die son
en die geelvis en spieëlkarp
swem ná die reën stroomop,
maar hier groei denne-, appel-,
kersie-, appelkoos- en pruimbome
en in die gras-en-dekrietskuur
pak togwerkers dennekissies
waarvoor die man sy lewe gee
op dié dag toe die son struikel.
Jong vrou
Ek kom naby jou, naby jou liggaam
op die spruit se oewer, naby die brug;
om my oor die gladde klippe te help,
steek ek instinktief my hand uit na jou
en ontdek hoe sinnelik ruik ’n vrou.
Publikasie datum: 2025 (Eerste utgawe, eerste druk)
Only 1 left in stock
Reviews
There are no reviews yet.